Die Voortrekkers is ’n kultuurbeweging wat ons lede, in besonder die jeug, toerus om as moderne Afrikaners, positiewe Burgers en konsekwente Christene hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.
Daar is 'n plek vir almal by Weltevrede Voortrekkers
of jy nou 5 jaar oud is of 99 Jaar is.
Weltevrede is 'n plek waar 'n gesin saam kan speel, lag en kamp.
Hegte vriendskapsbande word hier gesmee.
Weltevrede leef Die Voortrekkers se waardes ten volle uit!
Ons kom elke Maandag middag om 17:00 tot 18:00 by
NG KERK Weltevreden, 1140 Cornelius Straat Weltevredenpark bymekaar.
Ons opwindende verskeidenheid van aktiwiteite fokus op leierskaps- en vaardigheidsontwikkeling: In die huidige Suid-Afrikaanse klimaat is dit baie belangrik dat die Afrikanerjeug ʼn sterk selfdoen ingesteldheid aanleer sodat hulle waardegedrewe antwoorde kan bied vir die uitdagings wat hulle in die gesig staar. Met hierdie uitgangspunt het Die Voortrekkers vir meer as negentig jaar bewys dat ons suksesvol diensbare leiers vir more kan ontwikkel.
weltevoort@gmail.com 082 903 0958 (Hein) 083 268 6153 (Tanja)
Copyright © 2023 Weltevrede Voortrekkers - All Rights Reserved. Powered by Sebrus Software Solutions
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.